Sabbat | Ritme

by | Apr 25, 2024 | Bybelstudies | 0 comments

Beoefen die Weg

Sabbat | Ritme 1: Stop

Hallo almal! 👋🏼
Hiermee ons eerste potgooi/bybelstudie vir ons “Beoefen die Weg” reeks. Dit werk so:

Stap 1: Luister die potgooi 🎧
Hierdie week gesels ons met Jan van Zyl, predikant in Stellenbosh en spiritualiteit-kenner, oor “stop”. Dit neem so 20min.

Stap 2: Neem rustig ń oomblik om weer deur ons teks vir die week te lees: Gen. 2:1-3 📖

Stap 3: Dink saam 💭
▪️Beleef jy die druk van altyd-aan-die-gang wees en dink jy dit is nodig vir jou om dinge rustiger te vat?
▪️Gen. 2 sê God het gestop. Waarom, dink jy, het God gerus nadat God die wêreld geskep het?
▪️Wat keer jou om te stop? Wat is die baie konkrete goed wat maak dat jy nie kan stilstaan nie?

Stap 4: Beoefen 🌱
Kan jy hierdie week tyd neem om doelbewus te stop? Werk vir jou ń rusplan vir die week uit. Aan die einde van die potgooi is daar ook drie maklike voorbeelde.

Sabbat | Ritme 2: Rus

Hallo almal! 👋🏼
Hiermee ons tweede potgooi/bybelstudie vir ons “Beoefen die Weg” reeks. Dit werk so:

Stap 1: Luister die potgooi 🎧
Hierdie week gesels ons met Patricia van Wijk, slaap kenner by die Durbanville Sleep Lab, oor “rus”. Dit neem so 40min.

Stap 2: Neem rustig ‘n oomblik om weer deur ons teks vir die week te lees: Gen 1:31-2:3 📖

Stap 3: Dink saam 💭
▪️Hoe lyk jou slaap ritmes?
▪️Wat keer jou om regtig goed te slaap? Wat kan jy doen om ‘n goeie nagrus te verseker?
▪️Hoekom dink jy is dit belangrik om te rus? (Ons kan natuurlik beter lief hê as ons nie moeg is nie)

Stap 4: Beoefen 🌱
Kyk of jy die week elke aand 8 ure se slaap kan inkry asook om elke aand op dieselfde tyd te gaan slaap!

Sabbat | Ritme 3: Vind Vreugde

Matteus 15

Sabbat | Ritme 3: Vind Vreugde

Hallo almal! 👋🏼
Hiermee ons derde potgooi/bybelstudie vir ons “Beoefen die Weg” reeks. Dit werk so:

Stap 1: Luister die potgooi🎧
Hierdie week gesels ons met Wynand Breytenbach oor Vreugde. Dit gaan so 10 minute van jou tyd neem. 

Stap 2: Neem rustig ń oomblik om weer deur ons teks vir die week te lees:
Matt 15📖 

Stap 3: Dink saam 💭
– Wanneer laas het jy regtig diep vreugde ervaar?
– ⁠Wat is dit wat jy moet van laatgaan om dit vir jouself te gun?

Stap 4: Beoefen 🌱
Maak hierdie week vir jou ‘n Sabbat Boks om al die dinge in te plaas wat jou weerhou daarvan om regtig diep te kan rus.

Sabbat | Ritme 4: Aanbidding

Hallo almal! 👋🏼
Hiermee ons vierde potgooi/bybelstudie vir ons “Beoefen die Weg” reeks. Dit werk so:

Stap 1: Luister die potgooi🎧 Hierdie week gesels ons met Pieter Truter oor aanbidding. Dit gaan so 19 minute neem van jou tyd.

Stap 2: Neem rustig ń oomblik om weer deur ons teks vir die week te lees:
Matt 15📖

Stap 3: Dink saam 💭
– Hoe aanbid jy gewoonlik?
– ⁠Gaan aanbid op ‘n nuwe of vreemde manier waar jy nog nie het nie!

Stap 4: Beoefen 🌱
Word bewus van al die dinge in jou lewe wat jy aanbid. Maak ‘n eerlike lys van dinge wat jy aanbid en lees dit vir jouself hardop.

Oorsig oor ons 4-weke
Sabbat tema
(kies die volskerm opsie in die video)

0 Comments

Submit a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.