Sonstraal Gemeente deel Jesus se liefde en vat hande met die gemeenskap van Bottelary. Behalwe vir die kerkdienste en Sondagskool wat daar gehou word, word leesklasse ook gereeld vir die kinders van Bottelary aangebied. Toebroodjies en melk word voor die begin van die leesklasse aan die kinders bedien.

‘n Aantal instansies is by dié uitreik betrokke. Hulle is Helping Angels; die Koreaanse Kerk van Pinelands; Project Prettiness; Durbanville Modelskool en Goodies for Girls. Vir meer inligting oor die uitreik of om betrokke te raak, kontak vir Hester du Toit by tel. 021 976 5527.