Dr. Hugo Theron gesprek


11 Oktober 2020
@ 18:00 by Sonstraal Kerksentrum
(H/v Hebron en Tulip straat, Amanda Glen, Durbanville)


Die bekende opvoedkundige sielkundige, Dr. Hugo Theron, kom Sondagaand, 11 Oktober om 18:00 by Sonstraal kerksentrum met ons tieners en ouers gesels oor "Kinders, tegnologie en spiritualiteit".

Die huidige regulasies laat 'n maksimum van 250 persone per geleentheid toe.

Om binne die regulasies te bly moet u asseblief die aanlynbespreking hier onder voltooi om die geleentheid by te woon - 'n nota sal dadelik op jou skerm wys dat ons jou bespreking ontvang het.

Wanneer u graag u bespreking wil kanselleer, word u versoek om asseblief 'n epos aan die kerkkantoor te rig (kommunikasie@sonstraal.org.za) sodat ons vir iemand anders die geleentheid kan gee om die diens by te woon.  

Ons bring die volgende onder u aandag:

  • Ons versoek dat u asseblief bietjie vroeër by die perseel arriveer om tyd te maak vir die aanmeld proses (koors en sanitasie).
  • Ons versoek dat maskers tydens die geleentheid aangehou word en sosiale afstand gehandhaaf word.
  • Maak asseblief die banke van die middel af vol. 


Baie dankie vir u samewerking!
Ons sien uit daarna om u by Sonstraal te ontvang.