BOTTELARY

Ons droom is om die liefde van Jesus uit te dra en die gemeenskap te dien deur hande te vat met  die Bottelary bediening. Ons kom elke Sondag en verskeie ander dae bymekaar vir Sondagskool, kerk en ander byeenkomste. Die bediening by Bottelary bestaan tans uit  toebroodjies en met aankoms; lof en aanbidding; dissipelskapgroepe vir die kinders; en Woordverkondiging aan die volwassenes. Klere en ander bedieninge (byvoorbeeld Project Upliftment, skoenboks-projek) vind plaas soos nodig.

Wat gebeur:
Weeklikse eredienste is as volg:
09:00-10:00 Leesprogram en Vryspel met kinders
09:30-10:00 Broodjies
10:00-10:30 Sondagskool – Saal en stoep
10:30-11:30 Volwasse erediens/ Vryspel vir die kinders
11:30-12:30 Ete


Betrokkenes:
Vir navrae kontak Ds Eugene Malan – 083 299 8100
Leier/koördineerder: Ds Eugene Malan.
Hulp-leier: Hester du Toit – 083 302 4319.
Bottelary bedieningsleier : Christopher Martin - 081 042 9232  

Vrywilligers van Sonstraal gemeente: Hettie en Kobus van der Walt, Amanda en Kobus Louw, Liezel en Henry Dry en Anne-lize en Andre de Wet. Baie ander naamlose lidmate wat elke Sondag toebroodjies voorsien!

Betrokke buite-instansies: Helping Angels, die Koreaanse Kerk van Plattekloof, Durbanville Modelskool, Goodies for Girls, Diana du Toit Dorcas, Jesus in Aksie en Nulaid.


 

2019 Kersprojek

Liewe lidmaat, kom help ons asseblief weer die jaar om 'n verskil in 'n minderbevoorregte persoon se lewe te maak, deur 'n skoenboks te pak en te skenk. Pak jou boks alleen of saam met 'n vriendin of twee. 'n Donasie sal ook welkom wees.
Hier is die lys van items vir die geskenke...
2019 Kersfees projek