MANS- EN VROUE-BEDIENINGE
Mans
Geleenthede word geskep waar die mans kan saamkom om mekaar beter te leer ken en ook te ondersteun. Daar word gepoog om gepaste gassprekers te kry vir dié byeenkomste om hul getuienisse te lewer. Dié jaar gaan ons weer kyk na ’n manskamp en hopelik gaan daar ook tyd wees om ’n familie-kamp te rëel. Die mans van die gemeente is baie betrokke by die jaarlikse basaar en ook die Laingsburg Vleisfees, waar hulle die logistiek en braaiwerk hanteer. Dié is albei geleenthede waar die mans se hulp baie benodig word en waar nuwe vriendskapsbande gesmee word.Ons gaan ook poog om geleenthede te skep waar die mans saam in-diepte Bybelstudie kan doen oor onderwerpe wat gepas is vir hulle in dié tye waarin ons leef.
Vir meer inligting om betrokke te raak by die mansbediening, kontak gerus vir Lynnette Bekker by die kerkkantoor, 021 976 1236 of e-pos: mosaiek@sonstraal.org.Die Evas - Ons vroue-bediening
Hou die afkondigings dop vir geleenthede wat deur die Evas aangebied word.
Vir meer inligting oor hoe om in te skakel by die vroue-bediening, stuur gerus 'n e-pos aan kommunikasie@sonstraal.org.za of skakel vir Belinda van Vuuren by die kerkkantoor, 021 976 1236.