09:00 Opelug erediens

10:00 Boeresport begin

10:00 Braaivleis vure gereed

12:00 Potjiekos beoordeling

12:30 ons eet almal lekker saam


Ons dien saam: Erediens bywoning

Neem asseblief kennis van die volgende:

  • Erediens begin 09:00 op die Laerskool Gene Louw sportveld.

  • Kollekte sal opgeneem word tydens die erediens.

  • Die skool se parkeer terrein is beskikbaar vir parkering van voertuie.

  • Ons sit op die pawiljoen vir die erediens – bring asseblief ‘n kussing/kombers saam om op te sit.

  • Daar is geen skadu op die pawiljoen nie, so bring asb. ‘n sonhoed / sonbril / sonskerm.

  • Bring asb. jou eie stoele, tafels en alles wat jy nodig het vir jou braai/potjiekos en kuier na die erediens.

Vir ons senior lidmate:

  • Dit sal veilig wees vir ons senior lidmate om rond te beweeg.

  • Diakens sal aan diens wees om te help waar nodig.

  • Vir senior lidmate wat nie self gaan braai nie, is daar ‘n middagete gratis beskikbaar. BAIE BELANGRIK: Bespreek asseblief jou ete teen Dinsdag, 20 September by die kerkkantoor – 021 976 1236.

Ons lag saam: Boeresport

Groot en klein, oud en jonk –

kom neem deel aan die boeresport items!

Items vir die Boeresport sluit in:

driebeen-resies, sak-resies, toutrek…

Spanne sal op die dag ingedeel word.

Ons eet saam:

Potjiekoskompetisie

 

Maak jy die beste pot in die Wes-kaap?

Skryf in vir die potjiekoskompetisie.

Potjiekos2022 inskrywing

Bring asb. alles wat jy sal nodig hê vir jou pot (eetgerei, bykosse, tafels, stoele, drinkgoed, ens.)

Beoordeling: 12:00 – beoordelaars is Marion Holm en Madelein Roets.

Vir senior lidmate wat nie self gaan braai nie, is daar ‘n

gratis middagete beskikbaar.

BAIE BELANGRIK: Bespreek jou ete teen

Dinsdag, 20 September by die kerkkantoor – 021 976 1236.

Braaivleis

 

Daar sal braaivleis vure gereed wees om jou eie vleis te braai na die erediens.

Bring asb. alles wat jy sal nodig hê vir jou braai (eetgerei, bykosse, tafels, stoele, drinkgoed, ens.)

Laat weet die kerkkantoor (021 976 1236)

indien jy van hierdie fasiliteit gebruik sal maak,

sodat ons seker maak ons het genoeg vuur vir al die braaiers vir die dag.

Vir meer inligting of om te bespreek (seniors) of in te skryf, kontak die kerkkantoor – 021 976 1236