BASAAR

Kom hou vroeg elke jaar saam met ons ’n egte Sonstraal-basaar by Curro Durbanville. Die skoolgronde bied regtig ’n wonderlike ruimte vir jonk en oud om heerlik saam te kuier en basaar te hou.

Elke sent wat ons by die basaar maak, gaan aan spesifieke aksies buite ons gemeente, soos Zithulele, Fisantekraal, Bottelary, asook ons Sinodale betrokkenheid in Afrika en die res van die wêreld. Ons basaar-koevert vorm deel uit van ons fondsinsameling.

Daar is altyd heelwat om te eet soos kerrie-en-rys, poeding, hamburgers, pannekoek, boereworsrolle, jaffels, hoendersosaties, koffie en koek en nog vele meer. Onthou om genoeg te koop sodat jy dit saam huistoe kan neem. Vir die kinders word daar spesiaal voorsiening gemaak. Daar is gesigverf, sandkuns, haarsproei, “paintball”, maagpyn-lekker-lekkers en natuurlik ’n springkasteel!

Lynnette Bekker is ons kontakpersoon vir enige basaarnavrae (021 976 1236, e-pos: mosaiek@sonstraal.org.za), of as jy jou naam wil opsit om te help by die basaar.

Ons sien jou graag by die basaar