Klik hier bo vir die D4J video

Sonstraal Gemeente se
gebedsdag is 24 Mei.
Ons nooi jou hartlik uit om asseblief jou naam en tydsgleuf deur te gee aan die kerkkantoor (021 976 1236 / kantoor@sonstraal.org.za) sodat ons seker maak ons vul ons 24 uur. Gebedslyste sal ook by die eredienste (@Sonstraal en @Curro) beskikbaar wees om jou naam in te vul.
Klik hier onder vir riglyne wat jou deur jou gebedstydslot sal help.

Ons bid saam vir ons gemeenskap, ons dorp en ons land.
Hierdie jaar vier ons ons 10de bestaansjaar van Durbanville-kerke, waar ons saamkom vir 10 dae van aaneenlopende gebed.
Ons nooi alle volwassenes en kinders om van 18 tot 27 Mei
by ons aan te sluit in ons D4J gebedskamer by
El Shaddai op Ma-Vry, 07:30-16:30. (Gaan in via Streams Café.)
Ons het hierdie jaar ook geleenthede vir ons jongklomp om by te woon.
Of jy kan aanlyn aansluit via ons YouTube-skakel wat jou deur jou uur van gebed sal lei. Die Gebedsriglyn vir volwassenes en kinders in Afrikaans / Engels sal nader aan die tyd beskikbaar gestel word. Gebruik dit saam met die aanlyn video.
Ons moedig jou aan om die D4J Gebedskamer ten minste een keer gedurende die 10 dae te besoek, en ook, waar moontlik, om nie net op jou dag die Gebedskamer te besoek nie, maar ten minste een keer op enige van die ander dae. Om in die Gebedskamer te bid wat baie kerke verteenwoordig, is so ‘n seën!
Ons wil graag hê dat almal dit moet ervaar.
Klik HIER vir meer inligting oor die veldtog, of besoek ook die D4J Facebook blad vir meer inligting.