.Liewe Ouer

Ons nooi jou hartlik uit na ons toerustingsgeleenthede oor die volgende drie maande. Hierdie sessies is spesifiek ontwerp om ouers te ondersteun, toe te rus en te bemoedig in hul belangrike rol.

Ons besef dat die lewe dikwels vinniger beweeg as wat ons kan byhou. Dit raak soms moeilik om kwaliteittyd vir ons lewensmaat te maak, en baie ouers ervaar tye van uitbranding of voel dat hul eie angs na hul kinders oorspoel.

Juis daarom skep ons hierdie geleenthede – ’n veilige ruimte waar jy, hetsy saam met jou lewensmaat of alleen, praktiese toerusting en bemoediging kan ontvang om jou in hierdie uitdagings by te staan.

Datums en temas:

  • 21 April – Ons is nie net ouers nie, maar steeds in ’n huwelik
  • 5 Mei – Parental Burnout
  • 2 Junie – Wanneer word my angs my kind se angs

Meer inligting: 👇🏼👇🏼
Jy is welkom om die volgende video te kyk vir ’n voorsmakie van wat om te verwag:

https://youtu.be/O1AF7zYQBXg

Inskrywings:

🔗 Kliek op die volgende skakel om vir die eerste sessie, wat op   21 April plaasvind, in te skryf:

👉🏼👉🏼 Klik hier: Sessie 1:Ons is nie net ouers nie, maar steeds in ’n huwelik

Jy kan ook die volgende QR-Kode skandeer om toegang te kry tot die inskrywingsvorm 👉🏼👉🏼