GROEIGROEPE

By Sonstraal is daar ’n verskeidenheid groeigroep waarby ons lidmate aanmoedig om by in te skakel. Dit sluit in: Kleingroepe, Omgeegroepe, Bybelstudiegroepe, Diensgroepe, Gebedsgroepe en Dissipelskapgroepe. Dikwels is daar oorvleueling met die hoofsaak, naamlik om vir lidmate ’n ruimte te bied waar hulle behoort, op die naam geken word, veilig voel en in hulle geloof kan groei.

Dit gaan dus om saam te leer om meer soos Jesus te leef, deur die Woord saam te bestudeer en toe te laat dat ons lewens so gevorm word om God se Koninkryk in die wêreld te dien. Daar is ’n gevoel van tuiskoms, waardering, aanvaarding en omgee, asook om diensbaar te leef.

As jy belangstel om by ‘n Groeigroep aan te sluit of enige navrae het, kontak die kerkkantoor by tel. 021 976 1236.