Aktuele Sake
2016 – Algemene Sinodesitting: Selfdegeslagverhoudings
By die Algemene Sinodesitting van 2015 is daar besluit om gemeentes die ruimte te gee om selfdegeslagverhoudings van liefde en trou volledig te erken. Sonstraal NG Gemeente se kerkraad het besluit om ‘n proses binne te gaan waarin ons na mekaar luister voordat ons tot ‘n besluit kom.
Hier is ons verslag.
Hier is ‘n oudio opname van die gesprek (Des 2016)
Selfdegeslag gesprek by die kerk (Des 2016)
Herderlike brief van die Algemene Sinode (November 2023)
Geagte broers en susters, vriende –
Die 18e Algemene Sinode van die NG Kerk in Suider-Afrika het op Vrydag, 20 Oktober 2023 met die Onse Vader-gebed, Lied 354 en die Aäronitiese seënbede afgesluit – gebede van nederige afhanklikheid van God, en ‘n Adventslied wat lui: “O Christus, ons verlange, U het ons heil gebring. Sal ooit ons jubelsange, u lof na waarde sing?”
Daar wás rede tot dank en lof in ons byeenkoms by Birchwood, Boksburg.
Klik hier om die brief van Ds. Jan Lubbe, Voorsitter: Moderamen van die Algemene Sinode 2023 te lees…
