KantoorSPAN
Die vriendelike kantoorspan sien om na die kerk se belange en koördineer alle kerkaktiwiteite. Hulle is ook baie keer die eerste punt van kontak met Sonstraal en hanteer al jou navrae, kwellinge en reël afsprake met die predikante. As jy nuut is, help hulle jou om vinnig by Sonstraal in te skakel. Kontak hulle gerus by tel. 021 976 1236.
Lynnette Bekker
Fokusareas:
- Finansies
- Lidmaatregister
- Doop
- Skriba
Rolana de Bruyn
Fokusareas:
- Koster / Ontvangs
- Lokale
- Huwelike
- Begrafnisse
Belinda van Vuuren
Fokusareas:
- Kommunikasie & Bemarking
- Sosiale Media
- Elektroniese media
- Kerkraad Skriba



