

Die breiprojek het in 2002 by die Legato Aftreeoord begin. Breipatrone van items wat veral deur staatshospitale benodig word, is bymekaar gemaak en kort voor lank het die penne begin klik.
Die breiprojek het uitgebrei en eenvoudige lap toiletsakkies word nou ook gemaak vir diegene wat in die hospitaal beland en nie toiletware het nie. Die toiletsakkie word met toiletware gevul wat aan die projek geskenk word en aan pasiënt uitgedeel wanneer hulle by die hospitaal aankom.
Die projek benodig wol, stopsel, materiaal en geld om benodigdhede mee aan te koop. Vir meer inligting, kontak vir Rolien Botha by tel. 082 297 7582.