Huis Ravenzicht sien na bejaardes om en laat hulle geliefd voel. Gemeentelede van NG Kerk Sonstraal besoek eensame bejaardes en deel toiletware, linne en klere aan hulle uit. Waar moontlik word vermaak ook vir hulle aangebied.

Sonstraal Gemeente skenk jaarliks geld aan dié organisasie en het ook skenkings van onder meer nuwe breekware, blindings, gordyne en kombuistoerusting oorhandig.

Een van Sonstraal Gemeente se Bybelstudie-groepe hou elke tweede maand ’n koek-en-tee vir almal wat in dié tyd verjaar het en bederf hulle met ’n geskenk. ʼn Ander groep lê maandeliks besoek af om eetgoed uit te deel en te kyk waar ʼn behoefte bestaan. Ander maak jaarliks pakkies op om inwoners oor die Kerstyd te bederf.

Diegene wat wil betrokke raak, of geskenkies van minder as R50, nie-bederfbare eetgoed, toiletware of tydskrifte en boeke wil skenk, kan vir Dalene Dippenaar by tel. 083 709 6001 kontak.