Dié uitreik ondersteun die gemeente en lede van Zithulele en fokus op bouwerk en instandhouding, asook leierskapsontwikkeling. Die uitreik se grootste behoefte is kursusse om die geestelike leiers van Zithulele te laat ontwikkel en groei. Sonstraal Gemeente ondersteun ook vir Mzukisi Mtyana, van die Mapuzi buitepos, finansieel. Hy is ’n finale jaar teologiestudent.

Instansies wat deel van die projek is, sluit die gemeentes van Kenridge, Diaz in Port Alfred, Somerstrand, Suider-Paarl en Durbanville in. Vir meer inligting, kontak vir Louise Koch by tel. 021 976 1733.

https://youtu.be/BV4-qBH73RU