Welkom by Sonstraal Gemeente
Sonstraal is ’n eietydse Gereformeerde gemeente wat wil bou op die fondament van die evangelie van Jesus Christus, die verlossing uit genade alleen, deur geloof alleen. Ons wil die Here dien uit dankbaarheid vir sy liefde en daarom streef ons daarna om sy wil in ons wêreld uit te straal. Die Heilige Gees stuur ons as dissipels van Jesus Christus om God se wil in die wêreld uit te straal.