MathMoms skep ʼn veilige gemeenskap waarin mense kan presteer en het in 2016 onder die sambreel van Eureson, die interaksie tussen Sonstraal Gemeente en Eureka, ontstaan as aksie met ‘n onderwys-, kinderontwikkeling- en gemeenskapsontwikkelingsinslag.

Werklose dames in die gemeenskap is geïdentifiseer om weekliks elementêre wiskunde in laerskole aan te bied en naskoolse sorg aan behoeftige kinders in hulle buurt te gee. Die projek bestaan tans uit 13 mentors, 70 MathMoms en   1 400 leerders van 23 skole.

Die doel is om wiskunde-opleiding in skole in Elsiesrivier, Ravensmead, Bishop Lavis en die Breërivier-omgewing te doen en om ‘n veilige ruimte te skep waar kinders meer as net wiskunde kan leer. Die vroue word ook vergesel op ‘n reis van selfontdekking waar hulle hul eie gawes en sterkpunte kan leer ken sodat hulle die volgende stap na hul toekoms kan neem.

Vir meer inligting, besoek die MathMoms webblad by https://mathmoms.co.za/ of kontak vir Muller Theunissen by tel. 082 466 6016.