Die naaldwerkprojek het in 2000 as die Fisantekraal/Morningstar Naaldwerkprojek vir vroue uit laer inkomstegroepe begin wat graag ʼn bykomende inkomste vir hulself wou genereer. Die projek is nou sedert 2020 in ‘n nuwe lokaal wat vyf dae ‘n week beskikbaar is en dus die geleentheid vir opleiding soveel meer maak.

Maandae kom die dames bymekaar om allerhande produkte vir die kerkbasaar te maak en help hulle ook met ander projekte soos die van die Lions en Klipheuwel. Sedert April 2021 werk hulle ook saam met die Fisantekraal Centre for Development (FCD) wat dames uit kwesbare gemeenskappe oplei om naaldwerkbesighede te begin en selfonderhoudend te wees. Die program is gegrond op die Eazy Stitch Sewing Academy se praktiese naaldwerkprogram, FCD se Business Basics, Life Skills en die Alpha kursus.

Ander instansies wat by die projek betrokke is, is NG Kerk Bergsig en die NG Kerk Durbanville Moedergemeente wat help om materiaal, wol en naaimasjiene in te samel. Indien jy ʼn skenking wil maak ,of meer inligting oor die projek wil hê, kontak vir Lindie Bergh by tel. 084 585 1291.