Sonstraal kerkraad
Sonstraal se kerkraad is in twee groepe verdeel, naamlik: Ouderlinge en Diakens. Beide word op ordelike wyse verkies en dien vir ‘n twee jaar termyne, wat hernu kan word.
Leiding en rigting aan die gemeente:
Die kerkraad se hoofdoel is om leiding en rigting in die gemeente te gee. Dit gebeur deurdat die kerkraad twee naweekbyeenkomste en 4 vergaderings per jaar het. By hierdie byeenkomste word daar geluister: na die Woord van die Here, na dit wat in die wêreld, land en omliggende gemeenskap plaasvind, en na belewenisse van gelowiges in en buite die gemeente. Deur hierdie proses van luister, wat ook geloofsonderskeiding genoem kan word, gee die kerkraad leiding in die rigting waarin die gemeente gestuur moet word.
Ouderlinge en Diakens het portefeuljes waarvoor hulle verantwoordelikheid neem, naamlik: Eredienste, Kerk in konteks (die gemeente se betrokkenheid na buite), Gemeenteversorging (die bedieninge in en van die gemeente), Jeug en Familie en Ondersteuningsdienste. Ondersteuningsdienste word verder verdeel in Finansies, Diensverhoudinge, Eiendom, Kerkkantoor, Kommuniksie & Bemarking.
Die kerkraad neem ook verantwoordelikheid vir beleidsbepaling, lidmaatskap, personeel en toesig. Uit die kerkraad word daar ook op termynbasis ’n dagbestuur saamgestel wat dag-tot-dag sake hanteer. Die kerkraad bestaan uit 12 tot 18 kerkraadslede waarvan die predikante deel vorm.
Ons kerkraad lyk tans as volg:
Erediensdiakens:
Die woord “diaken” is van die Griekse woord, “diakonos” afgelei wat dienskneg beteken. Ons erediensdiakens lewer veral diens by die eredienste deur betrokke te wees by die verwelkoming, die opneem van kollekte, die bediening van die Nagmaal en beskikbaarheid vir enige behoeftes. Hulle ontmoet gewoonlik een keer per jaar, om hulle dienswerk te organiseer. Julle sal hulle herken aan die T-hemde wat hulle dra en natuurlik hulle vriendelikheid en diensbaarheid. Lidmate word aangemoedig om by hierdie groep aan te sluit deur ’n e-pos te stuur aan kantoor@sonstraal.org.za.
Ina Lopion
Voorsitter
Louw de Waal
Finansies
Bossie Minnaar
Diensverhoudinge
Stander Maass
Ouderling
Alet du Plessis
Ouderling
Basson Geldenhuys
Ouderling
Annelize Schmidt
Ouderling
JP Wessels
Ouderling
Jo Wilkinson
Diaken
Ronel Lourens
Diaken
Jannie Breet
Diaken
Johan Jooste
Diaken
Johan Kemp
Diaken
Martin Potgieter
Diaken
