Die sorgspan se taak is om die gemeente en mekaar gereeld tot sorg aan te spoor. Tydens Pinkster word komberse ingesamel en in Augustus, tydens sorgmaand, word ‘n beroep op die gemeente gedoen om geld, nie-bederfbare kos, klere en ander huishoudelike artikels in te samel wat uitgedeel word waar daar nood is.
Die span se doel is om die gemeente aan te moedig om, volgens die Here se wil, daadwerklik vir ander te sorg. Ontvangers van die geld en goedere wat ingesamel word, is onder meer Badisa Trio, MES, Straatwerk, Ruyterwacht en Kraaifontein Moedergemeente.
Vir meer inligting, kontak die kerkkantoor – 021 976 1236.
