KINDERS

Die Kinderbediening strek van 3 – 5 jariges (Groeigoggas) tot Gr 6 leerders.

Kinders (vanaf graad RR tot Graad 6) is deel van ons eredienste en daar is ’n spesiale kindermoment vir hulle tydens die oggenddiens, waarna hulle na hul kategese klasse verdaag. Groeigoggas gaan al voor die erediens na hul klassie in die Kleinkerk.

Ons glo kinders behoort van kleins af te ervaar dat hulle deel is van die geloofsgemeenskap, daarom maak ons ‘n punt daarvan om hulle ook tuis te laat voel in ons dienste, sowel as om hulle bloot te stel aan spesiale geleenthede soos die doop en nagmaal.

Terwyl die ouers in die kerk na die preek luister, leer die kinders meer van die Here by hul kategeseklasse.

Indien jy enige vrae het is jy meer as welkom om vir Ds. Mia Oliver ‘n e-pos te stuur – mia@sonstraal.org.za

Groeigoggas (3 tot 5jariges)

Die Groeigoggas kom bymekaar in die Kleinkerkie. Hier sing hulle saam liedjies en leer saam van Jesus en hoe om as dienaars van Christus te lewe. Mamma en Pappa is meer as welkom om Sondae by Boetie of Sussie te sit.

Junior Jeug (Gr. R tot Gr. 6)

Die res van die Junior Jeugbediening kom in Pikkie Paradys se klaskamers bymekaar in die volgende klasse:

  • Gr R’e – Blouklas
  • Gr 1’s – Oranjeklas
  • Gr 2’s – Persklas
  • Gr 3 – Geelklas
  • Gr 4 – Rooiklas
  • Gr 5 – Groenklas
  • Gr 6 – Saal