ONS KUIER SAAM

Ons gemeente het ‘n hele paar geleenthede waar ons as Christen-gemeenskap saamkuier. Hou die kalender en nuusbrief dop vir meer inligting en skakel in by een van die baie saamkuier geleenthede. Hier is meer inligting oor ‘n paar van ons jaarlikse geleenthede:


Basaar

Vroeg elke jaar hou ons ’n egte Sonstraal-basaar waar jonk en oud heerlik saam kuier.

Elke sent wat met die basaar gemaak word, gaan aan spesifieke aksies buite die gemeente. Dit sluit uitreike na Zithulele, Fisantekraal en Bottelary in, asook ons sinodale betrokkenheid in Afrika en die res van die wêreld. Ons basaarkoevert is deel van die fondsinsameling.

Vir basaar navrae of om jou dienste aan te bied, kontak die kerkkantoor by tel. 021 976 1236 of per e-pos by kantoor@sonstraal.org.za.

Dankofferfees
“Gratitude can transform common days into thanksgivings, turn routine jobs into joy, and change ordinary opportunities into blessings.” – William Arthur Ward, American writer (1921 -1994)

’n Dankofferfees word elke jaar aan die begin van November gehou. Dit is vir ons ’n geleentheid om vir God dankie te sê vir sy getroue sorg deur die jaar. As lidmate sê ons dankie deur in dié tyd ’n ekstra dankoffer vir die werk van die Here in en deur ons gemeente te gee.

Ons Opelug erediens en Familiedag was ‘n wonderlike saamkuier geleentheid. Klik op die video hier bo om ‘n kort video te sien van die dag se verrigtinge.