UITREIKE

Sonstraalgemeente probeer om deur die loop van die jaar op verskeie uitreike te gaan, dikwels in samewerking met ander gemeentes. Ons gemeente se jaarlikse uitreik na Zithulele in die Oos-Kaap vind egter plaas in Oktober. Families word genooi om as gesin hierdie uitreik-geleentheid by te woon waar ons op verskeie maniere verhouding bou met die inwoners van hierdie besonderse gemeenskap. Hierdie uitreik-geleentheid is egter nie beperk tot net families nie – enige persoon wat in hul hart voel dat hulle saam wil kom, is meer as welkom.

Hou ons verskeie kommunikasie-kanale dop vir meer inligting en nuus oor uitreike en soortgelyke geleenthede. Kontak gerus die kerkkantoor (021 976 1236 / kantoor@sonstraal.org.za) indien jy op hierdie kommunikasie-kanale bygevoeg wil word!